Ons Skool

Aansoeke vir die huidige akademiese jaar (2022) word deur die administratiewe kantoor hanteer. ‘n Kopie van die aansoekvorm kan afgelaai word, maar moet, tesame met al die gevraagde dokumente, by die skool ingehandig of per e-pos gestuur word. (Sien dokumente onder "Tuisblad")

Vra inligting aan

Inskrywingsvorms vir die huidige jaar kan by die skoolkantoor aangevra word. Anders kan kopieë in PDF-formaat van die webwerf of die skool se kommunikeerder afgelaai word. Skakel die skool vir 'n gebruikerskode en wagwoord om aanlyn aansoek te kan doen vir 2022.

Doen aansoek

Harde kopieë moet volledig met alle tersake inligting voltooi word. Aanlynaansoeke kan met die inligting wat u per epos van die skool ontvang het ingevul word.

Laai aansoekvorms af onder die Dokumente tab

Handig u aansoek in

Harde kopieë kan aan die skool gepos word (slakke- of epos) of per hand afgelewer word. Aansoeke kan ook geskandeer word en, tesame met al die nodige dokumentasie, na die skool ge-epos word (Sien die inligting hieronder).

 

Skoolfoto's