|
||||||||||||||||
| RUGBY 2011 | ||||||||||||||||
|
||||||||||||||||
| NETBAL 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Ons nuwe netbalbane is werklik 'n lus vir die oog. Hierdie sal sekerlik 'n ekstra inspuiting bring in 'n sport wat reeds van krag tot krag gaan. | |||||||||||||||
| HOKKIE 2011 | ||||||||||||||||
![]() ![]()
|
In Hokkie word 14 leerlinge in die Vryheid-Umzinyathi span opgeneem. Ons het ook vanjaar 2 seunspanne op die been gebring wat wedstryde gespeel en hulle baie goed van hulle taak gekwyt het. | |||||||||||||||
| SWEM 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Die jaar skop tradisioneel
af met die Interlaer- gala op 31 Januarie 2011. Die dag lewer
puik prestasies op. In die proses bring ons ook hulde aan mnr
Tommy Bester wat vir baie jare die gees en die stukrag agter die
swemsport by Pionier was. By die byeenkoms word Jason Schwartz aangewys as Senior Victor Ludorum, terwyl Amon?Nel titel by die senior dogters verower. JJ van der Hoogen en Ashley Reimers word as die beste junior swemmers aangewys. |
|||||||||||||||
![]() |
Op Vrydag, 4 Februarie 2011 neem 'n aantal van ons swemmers deel aan ‘n Noord-KwaZulu Natal swemgala by Newcastle waar die spreekwoordelike vinne waarlik teen top spoed beweeg het. Die volgende leerlinge ontvang Noord-KwaZulu-Natal kleure: Zonike Marais, Emile Botes, Dylan Bosch, Jason Bosch, J.J van den Hoogen, Amon?Nel, Janine Erasmus, Ferdo Venter, Ashley Reimers, Biejanka Booysen, Jason Schwartz en Carla Meyer. | |||||||||||||||
| ATLETIEK 2011 | ||||||||||||||||
![]() ![]() |
Die Interlaeratletiek op
Woensdag, 2 Februarie het vir atletiek uit die boonste rakke gesorg.
Die dag het vir nege nuwe rekords gesorg, terwyl een rekord ge-ewenaar
is. Een van hierdie rekords, di?in die 200m vir seuns O/17, het
vir die afgelope 29 jaar agter die naam van Hein Potgieter
gepryk. Hy was heel toevallig teenwoordig by die byeenkoms, en
kon vir Andr?nbsp; Bester, die nuwe rekordhouer persoonlik met die
prestasie gelukwens. Die prysuitdeling was ook waargeneem deur Simon?Meyer, wat reeds haar Junior Proteakleure verwerf het. Dit was ook die eerste keer in die geskiedenis van die skool dat so 'n diens deur 'n leerling van die skool gelewer is. Hierdie was gedoen om aan Simon?op die wyse dankie te s?vir die ambassadeurswerk wat sy al vir ons skool gedoen het. Sy het self ook die toekenning vir die beste prestasie van die dag ontvang. Hierdie was vir haar rekordpoging van 46,72m in die werpskyf vir vroue O/19. Dit het aan haar 'n ASA-punt van 923 besorg. |
|||||||||||||||
| TENNIS 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Die jaar begin in vele opsigte op 'n opwindende nuwe noot. Ons skool se bane word pragtig nuut gemaak, terwyl mnr Ludwig Schmidt, wat self 'n kranige speler is, die organisasie en afrigting oorneem. | |||||||||||||||
| KRIEKET 2011 | ||||||||||||||||
![]() ![]() ![]() ![]() |
Krieket groei
nog steeds jaarliks. Ons het 5 aktiewe spanne – meer as enige ander
skool in ons omgewing. Ons het die jaar ook weer ‘n dogterspan op die
been gebring wat alreeds wedstryde speel. 12 Leerlinge verwerf
Noord-Natal kleure, terwyl 2 leerlinge na die Natalse Binnelandse
(Inland) proewe genooi is wat binnekort plaasvind. Ons eerstespan neem
verlede seisoen aan ‘n Pro 20 reeks deel wat by Ho褰skool Volksrust
aanbied was en hul tree uit as die algehele wenners van die reeks.
Hierdie reeks begin weer Donderdag en ons glo dat dit weer goed sal
gaan.
Amajuba streek span o/19 |
|||||||||||||||
| SKYFSKIET 2011 | ||||||||||||||||
![]()
|
Pionier se skuts
het verede jaar puik gevaar en die skool se naam hoog gehou. Tydens
die Noord-KZN Kampioenskappe verower ons 13 van die 17 trofe?en
ontvang 22 leerlinge hul Noord-KZN kleure.
As skool slaag Pionier daarin om weer by die KZN-Kampioenskappe as die topskool in die sporter-, sowel as veerklas aangewys te word. Hierdie is ‘n besonderhede prestasie en ons is baie trots op die skuts. Vyftiens van ons skuts ontvang hul KZN-kleure en Corinda Els is as dogterskaptein aangewys. Ons is veral trots op die prestasies van Anina Webb tydens die SA-Kampioenskappe. Sy vaar by hierdie kompetisie die beste wat ‘n KZN-skut nog ooit kon vaar en skiet ‘n totaal van 517 uit 600 in die veerklas. Sy eindig 2de in Suid-Afrika en ontvang so haar SA-Skole kleure. Baie geluk Anina! Die skool se skietafrigter, mnr. Louis L飆ter, verdien vermelding vir die ywer en getrouheid waarmee hy sy taak uitvoer. Hartlik geluk aan mnr. L飆ter en aan al die skuts vir nog ‘n suksesvolle skietjaar waar Pionier se naam hoog gehou is. |
|||||||||||||||
| GHOLF 2011 | ||||||||||||||||
![]()
|
Combrinck Smit word gekies om vanaf 21 tot 24 Februarie 2011 in 'n wedstryd teen Scotland te speel. | |||||||||||||||
| KARATE 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Noord-KZN kleure is ook in 2010 deur leerlinge verwerf in Karate (4). | |||||||||||||||
| VARSWATER HENGEL 2011 | ||||||||||||||||
| In Varswater hengel het drie leerlinge in 2010 hul Junior Natalkleure verwerf. | ||||||||||||||||
| STOEI 2011 | ||||||||||||||||
| PLUIMBAL 2011 | ||||||||||||||||
| PERDRY 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Pionier ruiters het
pragtig presteer. Lieneke Jansen van Vuuren, Wilhelmina Foord,
Annika Liebenberg en Melissa Steyn het gesamentlik by die
uitdunliga te Badplaas drie eerste plekke, drie tweede plekke, vier
derde plekke en twee vierde plekke behaal. Danell Theron het gedurende die Desembervakansie (2010) aan die SA-Kampioenskappe deelgeneem. Sy was lid van die junior Mpumalangaspan. Sy behaal ‘n 3de plek in spandeelname asook ‘n 3de en 5de plek in individuele deelname. |
|||||||||||||||
| VELDFIETS 2011 | ||||||||||||||||
![]() |
Pierre Conradie. Pierre is in sy katagorie die Nasionale veldfiets (“off-road”) kampioen wat verlede jaar o.a. Die “Roof of Africa” byeenkoms in Lesotho gewen het. Hy is gereeld te sien op TV op die supersport-programme. | |||||||||||||||
| JUKSKEI 2011 | ||||||||||||||||
|
Jaco Vorster het Noord Kwazulu Natal tydens die afgelope SA Junior Jukskei Kampioenskap wat in Kroonstad gehou is vanaf 12 tot 18 Desember 2010 in die O/19 afdeling verteenwoordig. Tydens hierdie Kampioenskap is Jaco tot die SA O/19 seunsspan verkies, en ook in die SA O/19 seuns toerspan wat saam met die SA Senior Nasionale spanne sowel as die SA Junior spanne 'n toer na Namibi?onderneem in Mei 2011 om 'n toets daar te gaan speel. Jukskei SA is opreg trots op Jaco met die besonderse prestasie wat hy behaal het. |
|||||||||||||||


















