|
PROSPEKTUS |
|
A. DIE
SKOOL 1. INLEIDING Hierdie prospektus is saamgestel om aan die nuwelinge van Hoërskool Pionier die nodige inligting te verskaf. Hoërskool Pionier is 'n jong en dinamiese skool wat aan Afrikaanssprekende leerlinge die geleentheid bied om hulself op akademiese, kulturele en sportgebied ten volle uit te leef. By Hoërskool Pionier word persoonlike aandag, wat gegrond is op Christelike waardes en lewensbeskouing, aan elke leerling gegee. Hier word jy, as deel van 'n wenspan, in geloof gebou om jou potensiaal as volwaardige burger van ons land volledig te ontwikkel en te benut. Die skool is trots op sy leerlinge en dra elkeen se belange op die hart.
2.
HISTORIESE OORSIG
In
die vroeë sewentigerjare het daar 'n groot behoefte in die gemeenskap
van Vryheid en omgewing vir 'n Afrikaanse skool ontstaan om die
opvoedingstaak wat tuis in 'n suiwer Afrikaanssprekende omgewing begin
is, te kan voortsit. Hoërskool Pionier is gevolglik uit die gemeenskap
gebore en is in 1976 met mnr J Cronje as eerste hoof gestig. Verskeie
hoofde volg hom op, o.a. mnre J H B van Aardt, N S Cronje, D R Krantz,
F S Botha en HG Smit. Die huidige hoof, mnr R. S. Muller, is vanaf
1 Januarie 2009 aangestel. In sy relatiewe kort bestaan het
Hoërskool
Pionier sedert 1976 tot 'n dinamiese skool gegroei wat op alle terreine
'n krag in Noord-Natal is waarmee deeglik rekening gehou moet word.
3.
TERREIN EN GEBOUE
Die hoof rugby-, netbal en hokkievelde is van spreiligte voorsien. Op die terrein is 'n koshuis vir 200 leerling. 'n Verdere 72 junior leerlinge word in die koshuis by Primere Skool Lucas Meyer, sowat 800m van die hoërskool af, gehuisves. 4.
MISSIE Die doelstelling van Hoërskool Pionier is om - Woord van God, op te voed; wat 'n Christelike geloofsiening binne die betrokke kerkverband in die lig van die Skrif uitleef, te beskerm; 4.5 hoë onderrig- en akademiese standaarde te handhaaf; 4.6 buitekurrikulêre aktiwiteite in stand te hou sodat aan die opvoeding reg kan geskied. 5. ETOS Die Etos van Hoërskool Pionier word in breë trekke beskou as:
5.1 Leerder,
ouer en onderwyser leef saam in omstandighede van vryheid, begrens deur die voorskrifte van die Bybel, landswette, regulasies en skoolreëls.
5.2 Die
klem in die skoolmilieu val op selfdissipline eerder as op die militaristiese afdwing van dissiplinere reëls.
5.3 Die
vryheid en reg van die individu word erken, solank hy nie op die regte en vryheid van ander individue inbreuk maak nie.
5.4 In
die etos van die skool neem die kultuur, gebruike en gewoontes van die
Afrikaner 'n belangrike plek in. Onderrig word aan die hand van
die goedgekeurde kurrikulum gegee wat die kultuur van die teikengroep
asuitgangspunt het.
5.5 Die
positiewe en opbouende optrede van persone word beklemtoon en die
negatiewe, afbrekende en sedebederwende word vermy, veroordeel,
aangespreek enuitgeskakel.
5.6 Dit
is die spesifieke doelstelling van Hoërskool Pionier om aan
die leerders 'n opvoeding
6. TOELATINGSVEREISTES 6.1 Ouers moet vooraf skriftelik aansoek doen deur die voorgeskrewe aansoekvorm te voltooi en by die kantoor in te dien.
6.2 Die
leerder moet in Januarie van die betrokke jaar nie ouer wees as:
* 15
jaar in graad 8
* 16
jaar in graad 9
* 17
jaar in graad 10
* 18
jaar in graad 11
* 19
jaar in graad 12
6.3 Die
onderrigmedium van die skool is Afrikaans.
6.4
Die leerder moet die Christelike geloof aanvaar en positief uitleef en die Christelike karakter van die skool onderskryf.
6.5 Die
leerder moet aanvaar dat hy 'n vak slegs op 'n bepaalde vlak kan neem as hy dit die vorige jaar op die vlak geslaag het.
6.6 Die
leerder se vakkeuse moet in bepaalde vakpakket inpas.
6.7 Die
leerder moet hom tot stiptelike nakoming van die gewone skoolreëls verbind en hom ook by die etos van die skool aanpas.
6.8 Die
leerder moet hom bereid verklaar om aan alle klasse in alle vakke in die kurrikulum deel te neem.
6.9 Die
leerder mag hom nie aan die volgende skuldig maak nie:
* Drank-
en dwelmmisbruik;
* Duiwelaanbidding
en
* Onsedelike
praktyke.
6.10 Die leerder se skoolbywoning moet getrou wees.
7.
TOELATING 7.1 SKOOL
Aansoek
om toelating word deur die ouer gedoen. Die volgende
moet aan die aansoekvorm geheg word: ii. Die jongste skoolrapport; en
Indien
moontlik moet die ouers van nuwe leerlinge die Hoof, 'n Adjunkhoof of
die betrokke departementshoof spreek voordat die leerlinge ingeskryf
word. 7.2 KOSHUIS
Leerlinge
mag tot die koshuis toegelaat word mits die aansoekvorms wat by die
skool beskikbaar is, volledig ingevul is en indien daar plek in die
koshuis is. Deur betyds aansoek te doen, kan 'n leerling verseker wees
van koshuistoelating. Die koshuisgelde wissel van jaar tot jaar en sal
voor die einde van elke jaar bekend gemaak word.
Die
skoolgelde word van jaar tot jaar deur die ouers op 'n vergadering
aangepas en is volgens die wet verpligtend. Die skoolgelde moet
verkieslik betaal word wanneer die leerling ingeskryf word, maar kan
ook in vier paaiemente aan die begin van elke kwartaal of maandeliks
per aftrekorder betaal word. Skoolgelde word slegs aangewend tot
voordeel van die leerlinge in die skool. Al neem hulle nie deel aan
sport of ander buitemuurse bedrywighede nie, maak hulle gebruik van
ander fasiliteite, apparaat, boeke, opvoedkundige toere ens. wat uit
die skoolfonds gefinansier word.
9.
SKOOLREëLS
Wanneer
ouers hul kinders by Hoërskool Pionier inskryf, ontvang hulle 'n
volledige stel skoolreëls. Ouers moet ook 'n vorm onderteken waarin
hulle onderneem dat hulle kinders hul aan die skoolreëls sal
onderwerp. Dit stel die hoof, personeel en prefekte in staat om goeie
dissipline en ordelikheid in die skool te handhaaf.
10. AMPTELIKE SKOOLDRAG- EN VOORKOMSREëLS Die skool is besonder trots en puntenerig tov die voorkoms van ons leerlinge. Ons staan daarvoor bekend dat ons leerlinge orals uitgeken kan word aan ons netjiese kleredrag, die netjiese voorkoms en die gemanierde optrede van ons kinders. Hierdie vorm dan ook 'n ononderhandelbare onderdeel van die gesonde dissipline wat ons by ons leerlinge wil vestig. Hierdie reëls geld ook in alle omstandighede waar ons leerlinge as van Hoërskool Pionier uitgeken kan word. Enige toegewing wat aan leerlinge gemaak word ten opsigte van skooldrag of voorkoms is tydelik, en word net deur die hoof hanteer. Sulke toegewings sluit in: - Leerlinge met gesondheidsprobleme wat vergunning nodig het vir bv ander tipe skoene.- Graad 12 leerlinge wat toestemming kry tov van hare, naels, ens. vir die matriekafskeid. Alle skoolfunksies moet in skooldrag bygewoon word, tensy spesifiek toestemming gegee word vir die dra van smaakvolle privaatdrag. Die leweransiers van skooldrag is: James Uitrusters, Kerkstraat 199, Vryheid, Tel. (034) 9813622.
LET
WEL: Die skool beskik ook oor 'n
tweedehandse klerewinkel waar goeie gehalte skoolklere teen 'n
minimale bedrag aangekoop kan word. Behoeftige leerlinge kan ook op
versoek klere van die skool hier kry. - Blou hemp met geborduurde skoolwapen. - Voorgeskrewe grys lang- of kortbroek. - Lang grys skoolkouse (met kleurstrepe) - Indien dit koud is mag die voorgeskrewe skoolbaadjie met die skooldas gedra word. Wintersdrag - Blou skoolhemp. - Das en baadjie. - Voorgeskrewe grys langbroek. - Voorgeskrewe langmou- of oortrektrui (mag nie saam gedra word nie). Sportdrag - Algemene sporthemp (sivviehemp) en broek soos by die verskaffers beskikbaar. - Wit kouse en sportskoene. - Voorgeskrewe sportbaadjie soos deur die verskaffers voorsien. - Spansportdrag (L.W. - daar is verskillende voorskrifte vir 1ste en ander spanne. Hierdie word deur die afrigters en die hoof beheer) L.W. - Die sivviedrag soos voorgeskryf word op sekere skooldae en vir sekere uitstappies as drag aanvaar. Hierdie word deur die hoof gereël en aangekondig. Algemeen: - Indien die langmoutrui gedra word, is die baadjie en das daarby VERPLIGTEND. Die baadjie mag dan nie uitgetrek word en/of oor die arm gedra word nie. - Die oortrektrui mag sonder 'n baadjie in die somer gedra word. Die das mag dan nie saam met die oortrektrui gedra word nie. - Slegs die amptelike grys sokkies wat by die verskaffers beskikbaar is, mag gedra word. - Belt of lyfband moet enkel bruin, swart of grys wees, en geen uitspattige gespes (buckle) word toegelaat nie. - Graad 12 seuns word toegelaat om die erkende graad 12 oortrektrui in die plek van die gewone oortrektrui te dra. - Graad 12 leerlinge mag, na oorlegpleging met die graadvoog en die hoof, goedgekeurde eenvormige bykomende borduurwerk aan die sportbaadjie laat aanbring. - Skoene: Swart standaard leerskoene met veters. Geen uitspattige punte of ontwerpe word toegelaat nie. Aanglip skoene (slip-ons) mag net om mediese redes gedra word. - Geen armbande, kettinkies, oorbelle of ringe mag gedra word nie. Armbande of kettinkies wat vanweë enige bewese mediese rede gedra moet word, moet met skriftelike bewyse versoek word. Slegs die hoof sal hierdie vergunning oorweeg. Voorkoms: - Geen vreemde, uitspattige of onnatuurlike haarstyle word toegelaat nie (Mohawk). - Hare moet te alle tye netjies gekam wees en netjies vertoon. Hare wat deurmekaar gekrap gedra word of ge-"spike" word en onnatuurlik so in plek gehou word (gel) is verbode - Hare moet so gesny word dat die lengte daarvan deurgaans eweredig is. Hare wat in 'n verdikking (mallot) teen die agterkop gesny word, is ontoelaatbaar. Die "gryp"-reël word gebruik om die lengte van hare te toets. Indien die hare in 'n vuis teen die kopvel vasgevat kan word, is dit te lank. - Hare op die voorkop (kuif) moet nie oor die voorkop kom of gekam kan word nie. - Hare in die nek moet kort geskeer wees, bokant die kraag wees en mag nie oor die kraag gekam kan word nie. - Hare mag nie op of oor die ore hang of gekam kan word nie. - Slegs natuurlike wangbaarde word voor die ore toegelaat en mag dan nie laer gegroei word as die bopunt van die gaatjie van die oor nie. - Die kleur van hare, of die aanbring van ligstrepe (high lights) is ontoelaatbaar. - Geen sigbare tatoeërmerke of gekrap op arms en gesigte word toegelaat nie. L.W. - Die nakom van enige van die voorafgaande reëls ten opsigte van kleredrag en voorkoms is die verantwoordelikheid van die ouers en leerlinge self. Daaglikse tuisinspeksie voordat u kind skooltoe kom sal verseker dat hy altyd aan die reëls voldoen. Enige optrede teen leerlinge om hulle in lyn met die reëls te bring sal vir die onskoste van die ouer/leerling self wees. 10.2. DOGTERS Skooldrag: - Blou rok met ingeweefde skoolwapen soos deur die verskaffers verskaf.- Die lengte van die rok mag nie korter as 10cm bokant die knieë wees nie. - Blou skoolhemp. - Voorgeskrewe langmou- of oortrektrui (mag nie saam gedra word nie) - Skoolbaadjie (opsioneel) as gedra word met kort voorgeskrewe kouse. - Kort blou kouse met swart standaard skoolskoene (geen "slippers" of "slip ons"). - Geen das word by die kort kouse gedra nie. - Geen langmou trui mag sonder die baadjie gedra word nie. - Donkerblou langbroek of skoolrok met donkerblou sykouse ("bobby socks") mag gedra word op koue dae, met oortrektrui of langmoutrui. Skoolbaadjie en das is dan verpligtend. - Donkerblou serpe mag op koue dae gedra word. Sportdrag: - Amptelike Pionier atletiekdrag soos by verskaffers beskikbaar. - Swart JT hempie. - Wit kort kouse met sporttekkies (geen plakkies nie). - Voorgeskrewe sportbaadjie soos deur die verskaffers voorsien. - Swemdrag: slegs swart of donkerblou eenstukke mag gedra word. - Spansportdrag (L.W. - Daar is verskillende voorskrifte vir 1ste en ander spanne. Hierdie deur afrigters en die hoof beheer) L.W. - Die sivviedrag soos voorgeskryf word op sekere skooldae en vir sekere uitstappies as drag aanvaar. Hierdie word deur die hoof gereël en aangekondig. Algemeen: - Indien die langmoutrui gedra word, is die baadjie en das daarby VERPLIGTEND. Die mag dan nie uitgetrek word en/of oor die arm gedra word nie. - Die oortrektrui mag sonder 'n baadjie in die somer gedra word. Die das mag dan nie saam met die oortrektrui gedra word nie. - Graad 12 dogters word toegelaat om die erkende graad 12 oortrektrui in die plek van die gewone oortrektrui te dra. - Graad 12 leerlinge mag, na oorlegpleging met die graadvoog en die hoof, goedgekeurde en eenvormige bykomende borduurwerk aan die sportbaadjie laat aanbring. Voorkoms: - Hare moet te alle tye skoon wees en netjies gesny wees. - Hare wat die kraag raak moet vasgebind word, of gevleg word. - Hare mag nie in die oë hang nie. Hare wat lank genoeg is om oor die oë te kan hang moet weggebind of vasgesteek word. - Die hare mag nie onnatuurlik gekleur word nie. Slegs 'n skakering ligter of donkerder is aanvaarbaar. Ligstrepe (high lights) mag ingesit word, maar moet natuurlik lyk. - Dogters mag oranje/wit/blou asook bruin en swart haarrekkies, knippies en/of "alicebands" dra ("alice bands" moet dun wees). Strikkies (klein) in oranje/wit/blou is toelaatbaar. - Dogters mag slegs een stel standaard goud of silwer oorringetjies of "studs" dra. Geen diamant- of pêreloorringetjies of "studs" nie. Oorringe of "studs" mag net aan die onderkant van die oorlel gedra word. - Geen sigbare tatoeërmerke of gekrap op arms en gesigte word toegelaat nie. - Geen armbande word toegelaat nie. Armbande wat vanweë enige bewese mediese rede gedra moet word, moet skriftelik versoek word. Slegs die hoof sal hierdie vergunning oorweeg. - Geen grimering mag gedra word nie. - Die aanbring van permanente ooglyne ("eye liner") is verbode. - Naels moet kort en netjies geknip wees. - Deurskynende naellak mag gedra word. Geen "French manicure" of vals naels word toeg- laat nie.
11. HANDBOEKE
Vanaf 2008 sal alle leerlinge van die meeste van hulle handboeke voorsien word. Hierdie boeke moet aan die einde van die jaar weer aan die skool terugbesorg word. Hierdie boeke moet goed opgepas word en as die toestand van die boek met jaareinde swak is, sal daarvoor betaal moet word met die prys van 'n nuwe boek.
Alle
aantekeningboeke moet self voorsien word.
12.
SKOOLROOSTER- EN TYE By Hoërskool Pionier word gebruik gemaak van 'n 9-dag siklus wat bestaan uit 5 periodes per dag. Twee verpligte leesperiodes word in die 9-dag rooster ingebou, wat ingestel is om leerlinge aan te moedig om hulle lees- en begripsvermoens op te knap en uit te bou.
Die
skool begin om 7:25 en sluit om 14:00. Tye is soos volg:
{KLOKTYE}
B.
DIE AKADEMIESE PROGRAM
1. VAKKEUSES
1.1 ALGEMEEN
1.1.1 In
graad 8 en 9 word uitkoms gebaseerde onderwys
1.1.2 Vanaf
2007 volg alle graad 10-12 leerlinge die VOO
1.1.3 Natuur-
en Skeikunde mag slegs in graad 10 geneem
1.2
VAKKODES
AFRM Afrikaans Primere Taal ENGS Engels Addisionele Taal BIOL Biologic / Lewenswetenskappe MATH Wiskunde
PHSC
Natuur- en Skeikunde ARTS Visuele Runs TECD Tegniese Tekene / Ingenieursgrafika CIVIL Houtwerk/Siviele Tegnologie ACCO Rekeningkunde BUSE Bedryfsekonomie MUSC Musiek HOCA Hotelhouding en Spyseniering/Gasvryheidstudie TRAV Reis enToerisme
CATS
Rekenaar Toepassingstegnologie LEOR Lewensorientering
1.2 VAKKE 1.3.1 GRAAD 8 EN 9 VERPLIGTEVAKKE:(UITKOMS GEBASEERDE ONDERWYS) AFRM (Afrikaans) ENGS (Engels) WISK (Wiskunde) NWET (Natuurwetenskappe) MSWE (Menslike Wetenskappe) TEGN (Tegnologie) KKUL (Kuns en Kultuur) EB WE (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe) LEOR (Lewensorientering) ZULU
LET WEL: Alle graad 8-11 leerlinge sal vir twee periodes in 'n siklus 'n verpligte leesonderrigprogram in die rekenaarsentrum volg om hulle leesvermoë te verbeter.
1.3.2
GRAAD 10,11 EN 12
Aan die begin van die gr. 10-jaar kies elke leerling 'n vakpakket uit een van die talle goedgekeurde vakpakkette wat by die skool aangebied word. Die aantal vakpakkette wat aangebied word, word deur die aanvraag bepaal. Hierdie aspek word ook deur departementele voorskrifte bepaal. Die skool reël ook van tyd tot tyd oueraande ten einde ouers en hulle kinders omtrent kursusse in te lig en om ouers in staat te stel om meer inligting te bekom. Die skool beskik ook oor 'n rekenaarprogram wat leerlinge in staat kan stel om volledige en omvattende inligting te bekom rakende belangstelling, vakkeuses, moontlike beroepe, studierigtings en tersiere inrigtings en kursusse aangebied.
2.
EVALUERING
2.1 Leerlinge
word deur die jaar op 'n gereeld basis geevalueer
2.2 Kontroletoetse
word weekliks, volgens 'n vooropgestelde
2.3 Nadat
elke toets gemerk is, moet leerlinge die toets huistoe
2.4 'n
Akademiese atmosfeer word bevorder deur aan die einde
2.5 Die
jaarlikse akademiese prysuitdeling word gedurende die
3.
HUISWERK
3.1 Leerlinge
kry gereeld huiswerk volgens 'n vasgestelde
3.2 Die
beleid is om daarna te streef om die leerlinge te help
4.
MEDIASENTRUM Die skool beskik oor 'n goeie toegeruste en gerekenariseerde mediasenrrum. Daar is 'n groot aantal naslaanwerke in boekvorm en op CD-Rom oor elke moontlike onderwerp beskikbaar. Verder is daar ruimte beskikbaar vir leerlinge om rustig naslaanwerk te doen.
Daar
is ook 'n aantal boeke en tydskrifte wat vir ontspanning gelees kan
word. Die meeste daarvan kan deur leerlinge uitgeneem word. Enkele
baie waardevolle werke in die mediasenrrum mag nie deur leerlinge
uitgeneem word nie, maar soms word daar in spesiale verdienstelike
gevalle wel uitsonderings gemaak.
5.
MODERNE ONDERWYSTEGNIEKE
Hoërskool
Pionier beskik oor 'n span goed opgeleide en hoogs bekwame onderwysers,
waarvan talle leiersposisies in hul vakgebied in die provinsie beklee.
Hierdie onderwysers is deeglik bewus van moderne onderwystegnieke en
dit word met groot vrug in die klaskamers toegepas deur onder andere
van die rekenaar, kleurskyfies en opvoedkundige video's as hulpmiddele
gebruik te maak wat tot meer effektiewe onderrig lei. Progressiewe
denke en nuwe idees is 'n kleinood wat by PIONIER gekoester en
aangemoedig word. Die effek van hierdie onderrigstrategie kan duidelik
in die puik uitslae gesien word wat jaarliks deur ons matrikulante
behaal word.
6.
INTERNET Toegang tot die Internet kan op versoek onder toesig in die rekenaarlokaal verkry word om inligting vir persoonlike gebruik te verkry.
C.
BUITEMUURSE AKTIWITEITE Daar word ruim voorsiening gemaak vir die behoefte van elke leerling om aan iets deel te neem om sodoende 'n bydrae te lewer tot die skoollewe en sy eie vorming. Dit word van elke leerling verwag om aktief deel te neem aan minstens twee aktiwiteite per jaar om sodoende te verseker dat elke leerling 'n gebalanseerde opvoeding aan Hoëskool Pionier ontvang. Ons glo daaraan dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves. Indien 'n leerling fisies nie in staat is om aktief aan sport deel te neem nie, versoek ons ouers om die skool skriftelik daarvan in kennis te stel. Vrystelling sal dan verleen word.
1.
KULTURELE AKTIWITEITE
1.1 Toneel
en Revue
1.2 Drama
en Debat
1.3 Skoolkoor
1.4 Orkes
1.5 VCSV
1.6 Skaak
1.7 Stap-
en opvoedkundige toere
1.8 Musiek 2. SPORT 2.1 SOMER: Atletiek, swem, krieket (seuns en dogters) 2.2 WINTER:
Rugby,
hokkie, netbal en landloop 2.3
SOMER EN WINTER: D.
ALGEMEEN
1.
INDIVIDUELE MERIETEBEURSE Merietebeurse word jaarliks toegeken aan leerlinge in Graad 7 wat op akademiese-, sport en kultuurgebied presteer en wat in Graad 8 by Hoërskool Pionier as leerlinge inskryf. Die beskikbaarstelling van hierdie beurse is daarop gemik om leerlinge van gehalte by Hoërskool Pionier te beloon vir goeie prestasie. Indien 'n leerling egter deur die loop van die jaar om enige rede die skool verlaat, moet voile skoolgelde tot op datum terugbetaal word.
Leerlinge
wat vir beurse kwalifiseer, kan 'n aansoekvorm voltooi en dit by die
skool se finansiele sekretaresse inlewer. Dit word egter beklemtoon
dat beurse slegs as 'n krediet op uitstaande skoolgeld toegeken word.
Kontantuitbetalings sal slegs aan 'n beurshouer se ouers gemaak word
indien skoolgelde vir die huidige jaar ten voile vereffen is. Beurse
word op 'n jaarlikse grondslag toegeken.
2.
MEDIESE VERSEKERING Daar is 'n groepsversekeringskema vir beide skool- en koshuisleerlinge. Ouers wat nie persoonlike mediese versekering het nie, moet jaarliks hierdie dekking uit te neem vir onvoorsiene uitgawes wat ontstaan as gevolg van beserings wat in die skool of koshuis of op pad daarheen opgedoen kan word. Voile besonderhede word aan die begin van elke jaar aan alle leerlinge verskaf.
Navrae
in hierdie verband kan ook by die finansiele sekretaresse gedoen word.
3. AFWESIGHEID
EN VERLATING VAN DIE SKOOLTERREIN
3.1 VERLOFBRIEFIES:
Behalwe inuitsonderlike gevalle, mag
3.2 Wanneer
leerlinge afwesig was, moet 'n brief van hul
3.3 Gedurende
skoolure mag leerlinge nie die skoolterrein
4.
STRAFMAATREëLS Leerlinge stel hulself bloot aan straf volgens die strafstelsel van die skool indien hulle die volgende oortredings begaan: Pligsversuim; ongehoorsaamheid; weerspannigheid; opsetlike beskadiging van eiendom; oneerlikheid; leuentaal; aanranding; afknouery; onwelvoeglikheid; stokkiesdraai of enige wangedrag van 'n ernstige aard. Indien 'n leerling se taalgebruik of gedrag na die mening van die skoolhoof van so 'n aard is dat die handhawing van 'n behoorlike peil van sedelike gedrag, dissipline of sosiale welsyn in die skool in gevaar stel, of indien 'n laakbare daad begaan is, is hy/sy blootgestel aan skorsing uit die skool.
5. PUBLIKASIES
Daar
word jaarliks 'n jaarblad uitgegee waarin gepoog word om die hele
spektrum van die skoolaktiwiteite weer te gee. Aan die einde van elke
kwartaal verskyn ook 'n inligtingsblad, infoPionier, waarin
nuuswaardighede en prestasies behaal deur leerlinge en personeel
vermeld word. 'n Beknopte oorsig van belangrike aktiwiteite gedurende
die betrokke kwartaal word hierin weergegee. Ander keurig versorgte
nuusbrokkies en inligting word ook periodes deur die jaar aan
voornemende studente gepos.
6. SLOT Ons
glo dat dit 'n eer en voorreg is om 'n leerling aan die Hoërskool
Pionier te wees. Ons vertrou dat elke leerling met reg trots sal wees
op sy skool en dat die skool trots sal kan wees op elke leerling,
sodat ons, getrou aan ons leuse, deur Geloof en Lewenskrag kan streef
na Vooruitgang. VERKORTE SKOOLREëLS
1. Die
skool se leuse "Geloof, Lewenskrag en Vooruitgang" is die
2. Die
voorgeskrewe skooldrag is verpiigtend en moet met trots
3. Seuns
se hare moet kort en netjies volgens die skool se
4. Dogters
se hare moet netjies wees. As dit lank is, moet dit
5. Geen
juweliersware (behalwe polshorlosies) of ander versiersels
6.
Naels moet skoon, kort en sonder naellak
7. Die
standaard dogterskoolskoen moet gedra word.
8. Geen
leerling mag gedurende skoolure die skoolterrein verlaat
9. Tensy
mediese ongeskik, moet elke leerling aan ten minste een
10.
Rook, drank, dwelmmiddels of enige okkultiese bedrywighede
11. Indien
'n leerling afwesig was, moet hy/sy op die dag wanneer
12. Leerlinge
mag nie voor, na of tydcns skoolure, by vriende in
13. Selfone
mag nie tydens skoolure sigbaar wees en/of op enige
14. Hierdie
reëls is opgestel met inagneming van Hoofstuk 3 van die
GRAAD
8:EREKODE
As groentjie beloof ek hiermee plegtig voor die hele skool:
Om my seniors en
mede-skoliere met agting en respek Om my te alle tye op alle terreine ten voile uit te leef en te help bou aan die skool se ho?standaarde en onderlinge gees, eerder as om af te breek; Om pligsgetrou elke taak aan my opgedra na die beste van my vermo?uit te voer; Om te alle tye lojaliteit, hulpvaardigheid en getrouheid te openbaar teenoor my skool en die wat oor my gestel is;
Om
ten alle tye binne en buite die skool voorbeeldig te Om in diens van die Allerhoogste my tot beskiking van my skool en die gemeenskap te stel; en
Om in my denke, spreke en handel te toon dat ek trots is GELOOF
|