NUUS VAN DIE WEEKHerald 7 Mei 2012 Herald 23 April 2012 PHS derde in Super 12-reeks. Die o/14A-span wen 34-20 teen Generaal Hertzog en staan derde in die reeks. o/15A wen 15-12 teen Wilgers en eindig derde. o/16A wen Ligbron 41-9, die tweedes verloor in ‘n titaniese stryd teen Brandwag 7-10 en beklee dus ‘n tweedeplek in die reeks. Pionier se vlagskip het nie telleurgestel nie en wen Ligbron 8-3. Met hierdie wen tree hulle as wenners van die reeks uit die stryd. Hokkie: o/14A verloor teen Ligbron met n goeie telling van 1-2 en eindig tweede algeheel. o/15A wen Dinamika 5-1, o/16A wen Ligbron 3-2 en behaal ‘n derdeplek op die punteleer. Die tweedespan verloor 1-2 teen Ligbron in ‘n valbylstryd en behaal ‘n tweedeplek in die reeks. Die eerstespan verloor 0-2 teen Tuine. Netbal: o/14A wen Gerrit Maritz 22-14, o.15A verloor 14-22 teen John Vorster, o/16A wen 29-4 teen Gerrit Maritz, die tweedes verloor 15-23 teen Brandwag en die eerstespan verloor in ‘n pragwedstryd 22-29 teen Generaal Hertzog. Die afgelope naweek het ‘n jong Pionier span na St. Catherine’s vertrek om aan ‘n toernooi deel te neem. Hulle toon goeie verdediging en goeie spel. Die seuns se tellings lyk baie goed en hulle het waardevolle vaardighede opgedoen. Geluk! Die o/15A-rugbyspan vertrek die naweek na Glenwood vir ‘n toernooi terwyl die senior hokkiedogters na Pietermaritzburg reis vir die Joy Watt provinsiale toernooi. Sterkte aan al hierdie spanne en afrigters. Die volgende leerlinge neem 4 en 5 Mei aan die Natal proewe deel: o/14- Jessica Taylor, Coelett Palmer, Chrizelle Wolfaardt, Simone Combrinck en Maryke Nel. 0/15- Ashley Reimers, Heidi Steffen, Madie Swanepoel en Simone Bornman. o/16- Jane Claassen en Zanele Sibiya. o/17 Annika Bousema, Briania Doust en Adele Strydom. Sterkte, dogters! Graag wens ons die nege leerlinge van graad 8 tot 12 geluk wat tot die tweede rondte van die olimpiade deurgedring het. Die tweede rondte vind die 23ste Mei plaas. Herald 16 April 2012 Hokkie: Die eerstespan speel ‘n pragwedstryd en verloor 2-3, die tweedes wen 3-2, o/16A verloor 0-2. o/15A wen 4-1 en o/14A wen 1-0. Netbal: Die dogters het beindruk. Die eerstespan verloor 20-28, die tweedes wen 22-14 , o/16A wen 41-1, o/15A wen 15-8en die o/14A-span verloor 12-20. Ons verwelkom graag vir Annelie Grobbelaar en Shirley Smuts tot die personeel. Ons hoop hulle sal ‘n lang en gelukkige verbintenis tot Pionier he. Pionier se sportspanne het oor die hele land gereis om aan verskillende kursusse en toernooie deel te neem. Die eerste- en tweedespan rugby het aan VHS-rugbyweek deelgeneem, terwyl die o/16- en o/14 seuns na Marritzburg College was vir hul toernooi. Die netbal was almal Potchefstroom toe te same met die o/14-, o/15- en 0/16 hokkiespanne. Die eerstespan hokkie was na Stellenbosch. Al die kursusse was baie leersaam en ons weet die nuwe vaardighede gaan handig te pas kom in die naweek se Super 12-finaal. Pionier is trots op Samantha Dippenaar, Lize Claassen en Heinrich Harris wat uitgenooi is om aan die SA-skole kampioenskappe deel te neem. Bea-Marie Schutte het in die 100m en 100m hekkies 4de plekke behaal by die SA-kampioenskappe die vakansie. Geluk, Bea-Marie! Anneke Smith en Anneri Lens het ook deelgeneem en goed gevaar. Annika Liebenberg het die afgelope naweek aan die Mpumalanga skoleliga te Badplaas deelgeneem. Sy ontvang vyf eersteplekke en een vyfde plek. Geluk aan Jana Grobbelaar (Gr 8), Nicole Pelser (Gr 9), Janca Nortjé (Gr 10), Mariza van Heerden (Gr 11) en Sanri van Zyl (Gr 12) wat die top posisie in elke graad beklee. Julle is ware Pioniers! Herald 19 Maart 2012 Rugby: Die vlagskip wen 34-13 en het verseker beindruk. Die tweedes wen 26-8, derdes 19-7. o/16A verloor12-13, o/16B 6-15, o/15A 22-5, o/15B 22-36, o/14A 15-17 en o/14B 37-12. Eerstes verloor 0-6, tweedes verloor 0-1, derdes speel gelykop 0-0. o/16A 0-2 , o/15A 0-4, o/15B wen 2-0, o/14A 0-4, o/14B 0-0. die eerstespan verloor 9-16, tweedes 8-18, o/16A 12-12 gelykop, o/16B 6-13, o/15A16-14, o/15B 11-7, o/14A 20-9 gewen en o/14B 8-10 verloor. Rugby: In ‘n naelbytstryd waar die seuns tot en met die laaste minuut hard gespeel het, wen ons eerstespan in ‘n pragwedstryd met ‘n telling van 20-19. Die tweedespan buig die knie met ‘n telling van 0-5. Die derdespan was ongelukkig om te verloor met ‘n telling van 5-17.o/16A verloor 0-21, o/16B 15-36. o/15A wen26-5, o/15B speel gelykop 22-22 en o/14A wen17-0, o/14B verloor 0-15. Netbal: Die netbal het ‘n swaar naweek ervaar. Die eerstespan verloor 13-24. Die tweedes verloor 11-29. Die derdes verloor 4-25. o/16A se telling was 6-29, o/16B 12-21, o/15A 12-16, o/15B wen 14-8, o/15C 2-28. o/14A speel gelykop 12-12 en o/14B 3-17. Sterkte aan die netbalspanne, hou moed! Die KZN/Mpumalanga ope 2012 vind die afgelope naweek plaas. Lize Claassen skiet Vrydag ‘n KZN- en Pionier rekord raak, Samantha Dippenaar verbeter Saterdag hierdie rekord. Samantha eindig 2de in die o/21 kompetisie. Lize eindig 1ste by die o/16 sporter en algeheel vierde. Stephan Duvenhage eindig 3de in die veerklas vir o/21. Heinrich Harris eindig 2de in die veerklas vir o/16 en Mari Myburgh ook 2de in die o/16 veerklas. Geluk aan al die ander skuts wat puik geskiet het en goeie posisies behaal het. Geluk aan Samantha Dippenaar en Bianca Marais wat hulself baie goed van hul taak gekwyt het in die finaal van die redenaarskompetisie. 21 Maart: Super 12-reeks teen Tuine (tuis) 22 Maart: Vlotresies
Herald 12 Maart 2012
Program vir die week: 14 Maart Wintersport teen Ligbron, Ermelo Pionier hokkie maak skoonskip by Wilgers Die afgelope naweek het Pionier met net een doel voor oë by Hoërskool Wilgers opgedaag, en dit was om die dag te geniet en met goeie sportmangees op te tree. Die oorwinnigs was soet, maar uit die nederlae het die Pioniers baie geleer. Die hokkie skop stof in die opponente se oë deur al die wedstryde te wen. Baie geluk, dogters! Die eerstespan wen 1-0, tweedes wen 2-0, o/16A 1-0, o/15A 3-0 en o/14A wen met ‘n reuse telling van 7-0. Die rugby het net so goed gevaar, die eerstespan speel ‘n puik wedstryd en wen 16-12. Die tweedes wen 13-10 en die o/16A-span wen 23-12. Die o/15A’s verloor 13-15 en die o/14A’s wen met ‘n reuse telling van 31-7. Netbaltellings was nie altyd in die guns van Pionier nie, maar die dogters het durf en deursettingsvermoë getoon. Die spelers het baie geleer en daar was reeds groot verbetering van die vorige jaar. Die eerstespan verloor met ‘n telling van 9-32, 2des verloor 10-13, 3des 5-10, o/16A 3-23, o/16B wen 17-6, o/15A 8-17, o/15B wen 29-0, o/15C verloor 2-7. Die o/14A-span verloor 11-18 en die o/14B’s verloor 1-9. Oratorsaand: Die jaarlikse oratorsaand het 1 Maart 2012 plaasgevind. Graag wens ons die volgende sprekers wat deur is na die ATKV se oratorskompetisie, geluk. Seniors: Maryke Fourie, Carike Odendaal, Bianca Marais, Pieter Swart en CW Smith. By die Junior afdeling gaan Bianca Wagener, Bea Strydom, Jana Grobbelaar en Celine Erasmus na die volgende rondte deur. Program vir die week: 8Maart 2012 – Netbalsokkie 10 Maart 2012 – Super 12-reeks teen Gerrit Maritz, Pretoria 9 en 10 Maart 2012 – Atletiek, Provinsiale kampioenskappe te Kings Park Stadion, Durban Herald 20 Februarie 2012 Pret en Plesier by Pionier se aflosmarathon. Die afgelope week was Pionier n miernes van bedrywighede. Met die Valentynsokkie, aflosmarathon en geselligheid na die hardloop, was beide die leerlinge en onderwysers teen die einde van die week pootuit. Aflosmarathon: Gees en en oorgawe was aan die orde van die dag met die aflosmarathon. Hierdie is ‘n datum op die kalender waarna almal uitsien en hierdie jaar het dié geleentheid glad nie telleurgestel nie. Die eerste netbalspan wen die dogtersafdeling terwyl die agterspelers van die eerstespan rugby die seunsafdeling gewen het. Atletiek: Bea-Marie Schutte het 15 Februarie aan die Tuks Top 10-uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem. Sy kom tweede in die 100m hekkies en derde in die 100m. Dy verbeter in albei items die vorige rekords. Baie geluk met hierdie puik prestasie, Bea-Marie! Jy hou sowaar Pionier se naam hoog! Koorkamp: Die naweek het die koor baie hard geoefen en die nodige voorbereidings vir die jaar gedoen. Pionier spog hierdie jaar met ‘n groot koor en die aantal seuns in die koor is indrukwekkend! Maandag oggend tydens saalbyeenkoms is elke Pionier begroet met die mooiste swanesang. Aktiwiteite vir die week: 23 Februarie- Skyfskiet Posliga te Ferrum Hoërskool 25 Februarie – Spar hokkie toernooi vir die eerstespan, Pongola. 25 Februarie – Rugby opwarmingswedstryde te Standerton vir al die A-spanne. Herald 13 Februarie 2012 Donderdag, 9 Februarie, het Pionier in hul massas by Vryheid Hoër opgedaag vir die jaarlikse aflosbyeenkoms. Pionier het aanskoulike atletiek gelewer en sowaar elke hart in Vryheid vir ‘n oomblik blou laat klop. Pionier het die beker huis toe gebring met spog vertonings! Geluk aan ieder en elk wat deelgeneem en ondersteun het! Die blou see het gekom om te oorheers, en dis presies wat ons gedoen het. Geluk, Pionier! Saterdag, 11 Februarie, het die Filidi wykbyeenkoms by Vryheid Hoër plaasgevind. ‘n Groot aantal atlete het deelgeneem en goeie prestasies behaal. Teen druktyd was die finale uitslae nog nie beskikbaar nie. Die 7’s het die afgelope naweek na Tzaneen gereis om aan ‘n @lantic 7’s toernooi deel te neem. Pionier wen 3 wedstryde en verloor 2. Pionier speel in die plaat finaal teen Hoërskool Menlopark en verloor 19-36. Hierdie was goeie oefening en voorbereiding vir komende toernooie. Graag wens ons almal geluk wat aan die Midmar deelgeneem het, julle is sowaar baie tuis in die water en het Pionier se naam mooi hoog gehou! Annika Liebenberg het die naweek aan ‘n perderuiterkompetisie te Badplaas deelgeneem vir die Mpumalanga span. Sy het drie eersteplekke in onderandere dresseer en equitation ontvang. Sy behaal ook twee tweedeplekke vir werkende ruiter en vertoning. Woensdag, 15 Februarie om 18:00, is John Buswell by Pionier om met alle ouers en belangstellendes ‘nte praat oor dwelms en u kind en tegnologie en u kind. Almal is welkom, dit beoog om baie leersaam te wees. 14 Feb: Valentynsdag sokkie Herald 30 Januarie 1012 Die senior Victor Ludorum was JJ van der Hoogen terwyl Amoné Nel die Victrix Ludorum was. Dylan Wessels het weggestap as die junior Victor Ludorum terwyl die junior Victrix Ludorum deur Euné Bosch, Ashley Reimers en Biejanka Booysens gedeel word wat al drie dieselfde punte behaal het. Puik gedrag was soos ouder gewoonte aan die orde van die dag! Geluk, Pionier! Die massa deelname was hierdie jaar opvallend. Die uithouvermoë en deursettingsvermoë wat getoon is, is waarlik ‘n pluimpie vir al die deelnemers. Tydens die byeenkoms is ses rekords verbeter. Die senior Victor Ludorum was Peet Meyer. Bea-Marie Schutte is aangewys as die senior Victrix Ludorum. Die Junior Victor Ludorum was Jean Aucamp en Jessica Taylor is aangewys as die junior Victrix Ludorum. Euné Bosch, Biejanka Booysens, Briania Doust, JJ van der Hoogen en Dylan Wessels het gekwalifiseer om aan die 4+1 interprovinsiale gala te Rustenburg deel te neem. Die swemmers het goed gevaar en met ‘n reeks plekke terug gekom. Waardevolle ondervinding is opgedoen. |
