|
|||||||||||||
| AFRIKAANS EKSPO | |||||||||||||
Die Afrikaans Ekspo gee aan leerlinge die geleentheid om in, en deur, Afrikaans ‘n spontane en kreatiewe taalervaring te beleef. Elf leerlinge het aan die plaaslike ekspo deelgeneem, waarvan sewe na die provinsiale beoordeling deurgedring het, waarvan vyf leerlinge die Nasionale Kompetisie gehaal het. Op nasionale vlak spog Pionier met 3 silwer- en twee bronsmedaljes. Hartelike dank aan mev du Plooy vir haar inisiatief om hierdie geleentheid aan ons leerlinge te bied. |
|||||||||||||
| ATKV-JEUGTAK | |||||||||||||
|
Ons is baie trots op die Hupstoot ATKV-Jeugtak wat
by Pionier gestig is.
Pionier se senior debatspan het op Vrydag 16 April 2010,
aan die ATKV se
Debatskompetisie te Ho褰skool Hoogenhout in Bethal,Mpumalanga
deelgeneem en
hulle baie goed van hulle taak gekwyt en ook puik ervaring in
debatering
opgedoen.
Shaun Nel vir ATKV-idomekompetisie
|
|||||||||||||
| EISTEDDFOD | |||||||||||||
|
'n Groot groep van ons leerlinge het vanjaar aan die Mondi Eisteddfod met onderskeiding deelgeneem.
|
|||||||||||||
| SKOOLKOOR | |||||||||||||
|
Die skoolkoor was vanjaar onder die bekwame leiding van mev Carin Lombard, met mev Elza du Plooy as begeleidster. Die optredes by die Newcastle Koorfees, die Vryheid Koorsangaand en saam met die Afrikaanse sanger Emile Minnie, was ‘n groot sukses. Nege van die koorlede was vanjaar deel van die gesogde Noord-KZN jeugkoor en het ons skool se naam daar hoog gehou. Baie dankie aan elke koorlid wat getrou die koor deur die jaar ondersteun het.
|
|||||||||||||
| NOORD-KZN-JEUGKOOR | |||||||||||||
|
Pionier is trots om met die Noord-Kzn Jeugkoor geassosieer te wees. Ses van ons leerlinge is lid van hierdie gesogte koor.
|
|||||||||||||
| W燏ELDKENNIS-OLIMPIADE | |||||||||||||
|
Sestien leerlinge het aan die w瘲eldkennis olimpiade deelgeneem
|
|||||||||||||
| DEBAT EN REDENAARS | |||||||||||||
|
Ons leerlinge neem met baie selfvertroue aan die ATKV
Redenaars en –Debatskompetisies deel. Tydens die debatskompetisie te
Bethal wen een van Pionier se juniorspanne hul debat en by die
Redenaarskompetisie dring een van ons senior spanne deur na die finaal
vir KwaZulu-Natal.
Pionier se interne oratorsaand het weer wye belangstelling gelok en
leerlinge neem met groot welslae aan hierdie aand deel.
Vir die eerste keer in Pionier se geskiedenis neem een van ons
leerlinge aan die ATKV-Redenaarskompetisie vir Afrikaans tweede taal
sprekers deel. Monique Louis wen die KZN-kompetisie en vaar goed by die
nasionale kompetisie. Hartlike dank aan mev Pretorius wat al hierdie
aksies ko顤dineer.
|
|||||||||||||
| MUSIEK BLYSPEL | |||||||||||||
|
Vanjaar se musiekblyspel het weer nie teleur gestel nie. Met die opvoering van “Summer Holiday” het ons weer opnuut bewus geword van die talente waaroor ons kinders beskik. Dit is vir die skool ‘n voorreg om ook op hierdie wyse aan ons leerlinge die geleentheid te gee om hulself uit te leef. Geluk aan elke deelnemer en dankie aan die betrokke personeellede.
|
|||||||||||||
| AFRIKAANSE OLIMPIADE | |||||||||||||
|
Ons is baie trots op die leerlinge wat aan die Afrikaanse Olimpiade deelgeneem het. Ses van ons leerlinge eindig onder die top 20 in die provinsie en Lizanne Botha eindig 22ste nasionaal. Voorwaar ‘n puik prestasie.
|
|||||||||||||
| ALGEMEEN | |||||||||||||
|
Ons is baie opgewonde oor die landsdiensklub wat vanjaar by Pionier gestig is. Die klub is baie betrokke by verskeie aktiwiteite op die skoolterrein en in die gemeenskap. Die ATKV-tak is steeds werksaam, met groot dinge wat vir 2010 beplan word. |
|||||||||||||
| LANDSDIENS | |||||||||||||
|
![]() ![]() ![]()
|
|||||||||||||





