KoshuisvoorKoshuisingangKoshuisportaal

KOSHUIS

 
Personeel Koshuisnuus Gedragskode
Republiek Mosambiek Melkweg
Rozella Stellaland Huis deVos
Lucas Meyer Algemeen
 
PERSONEEL

Mnr J. Erasmus Superintendent:
Mev B Aucamp Koshuismoeder: Dogters
Mnr. C Smith Superintendent LMS
Mev. L. Mengel Hoofmatrone
Mev. L. Grobler Matrone
Mev. A. Kleu Matrone
Mev. D. Steenkamp Matrone
Mnr. G. van der Bank Nutsman

Matrones

Personeel

Personeel

Diensdoenende Personeel:
Mnre. J. Aucamp, H. Venter, J Scheepers, R Kritzinger, C Swanepoel, D Herbst, L Schmidt, P Schoeman. Meve T Potgieter, A Vermaak, R Mortlock, S Herbst. Meje A Gerber, L Potgieter, I Wasserman (Lucas Meyer) 

KOSHUISNUUS

Mnr Erasmus neem vanaf die begin van 2012 die leisels oor as Superintendent, terwyl mev B Aucamp die "moeder" van die dogters sal wees.  Daar is tans 'n groot aantal van die personeel van die skool wat betrokke is as diensdoende personeel.  Agt mans- en ses damespersoneel is op die wyse in die koshuis betrokke.  Die inwonende dienspersoneel is verder ook verantwoordelik vir die omsien na voogkinders wat aan hulle toegedeel is.  Op die wyse maak ons seker dat daar op gereelde basis met elke kind in die koshuis kontak gemaak word.

Ons koshuisouers sal ook in die jaar gereelde verslae ontvang rakende die wel en weë van hulle kinders.  Ouers word ook aangemoedig om met die Superintendent te skakel indien dit nodig mag wees.

Ons kosgangers ontvang ook 'n uiteensetting van die koshuisreëls en roetines waarvan deeglik kennis geneem moet word.  'n Skeurstrokie saam met die dokumente moet asseblief ingevul en na die koshuis terug gestuur word as bevestiging dat u die dokumente bestudeer het.  Let veral op die ordereëlings rakende die gebruik van selfone in die koshuis.  'n Uitreksel uit die gedragskode is ook op hierdie bladsy beskikbaar waarin die mees algemene en belangrikste beginsels vervat is.

Die eerste week van koshuis is al verby, en die graad 8-leerlinge is sommer al baie meer tuis.  Die graad 8-kamp het darem gehelp om die naweek so 'n bietjie te laat krimp.

Vakansietye gaan dié jaar nie 'n stil tyd vir die koshuis wees nie. Ons help gedurende die April vakansie met huisvesting vir Vryheid Hoër se rugbyweek, in Mei huisves ons al die laerskool seuns wat aan die Natal Laerskole rugbyproewe deelneem en in November word die koshuis beskikbaar as inwoning vir die nasieners van matriekvraestelle. Sulke geleenthede is 'n finansiële inspuiting vir die koshuis, wat opmaak vir die ongerief om ons eie kinders te laat ontruim.

GEDRAGSKODE

Hierdie gedragskode is opgestel om saamgelees te word met die algemene huishoudelike reëls van Hoërskool Pionier koshuis en vervang nie een van die reëls soos daarin uiteengesit nie.

Om goeie orde en dissipline te handhaaf is dit nodig om daarop te let dat die volgende oortredings tot tydelike en/of permanente uitsetting uit die koshuis kan lei:

• Leerlinge mag nie die koshuis, bedags of snags, sonder die nodige toestemming verlaat nie. Indien ‘n leerling na ‘n naweek nie terugkom skool toe nie, moet die superintendent daarvan verwittig word.

• Die gebruik en/of besit van dwelms, drank, nikotien en ander intoksiese middels binne of buite die koshuisterrein, is streng verbode.

• Geen wapen van enige vorm mag in die koshuis toegelaat word nie.

• Seksuele teistering en/of intimidasie van enige aard tussen enige geslag sal nie geduld word nie.

• Gange van die teenoorgestelde geslag mag onder geen omstandighede besoek word nie.

• Die waardigheid en individuele menseregte van elke leerling sal in ooreenstemming met die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika beskerm word en mag dus nie aangetas word nie.

• Die eiendom van die koshuis en mede-leerlinge mag nie beskadig of gesteel word nie. Indien wel, is die ouer van die betrokke leerling wat die skade berokken het, verantwoordelik vir die betaling van die herstel en/of vervanging van die eiendom.

• Enige ander tipe oortreding wat, volgens die oordeel van die personeel, skadelik is vir die handhawing van gesag en goeie orde, is strafbaar volgens hierdie gedragskode.

Ouers moet daarop let dat, indien ‘n leerling tydelik uit die koshuis gesit word as gevolg van ‘n oortreding soos hierbo uiteengesit, hulle nog steeds verantwoordelik bly vir die betaling van koshuisgelde vir hierdie tydperk.

 
REPUBLIEK

Republiek1Republiek2

Republiek3Die Republiek is die gang waar die graad 11 (Junior Burgers) en 12's (Senior Burgers) tuisgaan. Dit is die tradisierykste gang in die koshuis met 'n baie toepaslike leuse van "Eendrag maak Mag". Hulle glo graag dat hulle die pas in die koshuis en die skool aangee.

Die huidige president is Dian Boshoff, met Johan Lourens en  as sy adjudante.

MOSAMBIEK

Mosambiek1Die "middel-gang" in die koshuis waar al die graad 10's saam met 'n paar graad 9's en 11's tuisgaan. Hier word moeite gedoen om 'n ware Mosambiek atmosfeer te skep en die prefekte het die jaar 'n pragtige nuwe beeld in die voorportaal laat verskyn. Die huidige hoofman is Henk Janse van Rensburg met Ivan (Stompie) Smit en Peter McKintyre as hulp.Mosambiek3

Mosambiek2

MELKWEG

Melkweg1
Melkweg2

Melkweg3Die Melkweg waarna verwys word as die feetjieland, is die senior dogtersgang waar ons probeer om die Christelike beeld van die gang uit te dra.  Die graad 11's en van die graad 10's gaan hier tuis.  Die inwoners wy hul aan die tradisies en trots van die Melkweg.

Die graad 10's (Feetjiepoeiers) en graad 11's (Sterretjies) van die gang moet ten alle tye hul beste gee en die naam van die Melkweg hoog hou.

Die huidige hooffeetjie is Corlia Kloppers en haar ander feetjies is Helize Homan, Jeannie Johnstone en Kuscke Stubbe.

Ons leuse is "Lank lewe die Melkweg".

ROZELLA (voorheen KOEIKAMP)

Rozella1Rozella2

Rozella3Rozella het haar naamsverandering daaraan te danke dat daar gevoel is dat die naam "Koeikamp" 'n negatiewe konnotasie het.  Die matriekdames woon in hierdie gang, en die nuwe kleure en voorkoms spreek juis van vroulikheid en jeugdigheid.  

Wilhelmina Foord is saam met Salette Brandt verantwoordelik vir die orde en dissipline.  

Die gang is sterk verbind tot 'n eed en in die gang is almal soos familie.  Omdat Rozella die senior gang is, stel ons altyd 'n voorbeeld en streef daarna om hard te werk en altyd Rozella se goeie en positiewe beeld uit te dra.

LANK LEWE ROZELLA!

STELLALAND

Stellaland1Stellaland3

Stellaland2 Stellaland is die junior meisiesgang waar die graad 9 "Naaldekokers" en die graad 10 "Bytjies" woon.  Hier leer elkeen om so getrou soos 'n by, wat sy heuning bewaar, Stellaland se tradisies te bewaar en die gang se naam hoog te hou.  Hier mag geen mede gogga se vlerkies geknip, beentjies gebreek of antennas geknak word sodat hul die pad byster raak nie.  Hier geniet 'n gogga die tyd van hul lewe en word elke oomblik daarvan onthou.

Maar die heel belangrikste in ons gang is dat ons ons oë gevestig hou op ons Hemelse Vader en daarna te streef om Hom te dien en lief te hê met alles wat ons het.

Die vier Vlinders (prefekte) wat die gang lei, is Lisa Meyer, wat tans die hoofmeisie is, met Alida Truter, Elizmaré vd Watt en Charissa Jv Vuuren as prefekte.

"Die gras is altyd groener by Stellaland en dis hier waar ons vier vlindertjies se liggies tot laat toe brand."

HUIS DE VOS (Voorheen Anneks)

Die anneks is 'n aparte gebou waar al die graad 8's en meeste van die graad 9's tuisgaan.  Dit is "doer onder", vandaar die gang se ander naam, Tasmani?  Die Tasmaniese duiwel, of "Taz", is die gang se embleem.

Nico-Jan Chowles is tans die hoofseun van die koshuis en die anneks, met André v Deventer, CJ Swanepoel en Louis Kruger as die ander prefekte. Hierdie vier het 'n groot taak, want die grondslag van dissipline in die koshuis moet deur hulle gelê word.

LUCAS MEYER

Lucas Meyer Koshuis is die tuiste van ons graad 8 dogters.  Daar word omgesien na al hulle huislike behoeftes en nog meer deur ‘n baie bekwame span personeellede.

Matrones Elsa Hattingh en Lettie De Haas is verantwoordelik vir die heerlike maaltye wat die leerlinge weer en weer laat skep. Baie dankie vir al die tyd op julle voete en ook vir die koshuiswerkers wat die kombuis en gebou altyd so mooi laat blink. Mej Inge Wasserman is die personeellid wat as moeder optree vir ons dogters.

Ons het baie pret by die koshuis as ons nie huiswerk doen nie, en daar is heelwat aktiwiteite om die leerlinge besig te hou. Die hoogtepunt van die jaar is natuurlik die groot kersete wat ‘n formele gedoente is waar almal by kersvader ‘n ietsie kry en ‘n heerlike feesmaal geniet.
ALGEMEEN


Eetsaal

Eetsaal
Blog ab workouts workout shop fitness DVD workout program workout DVD one piece onepiece P90X Insanity a 60 day DVD Core Rhythms dvd Zumba DVD HIP HOP ABS DVD dropship Chalean Extreme 10 MINUTE TRAINER DVD dropship The Biggest Winner dropship RevAbs BRAZIL BUTT LIFT DVD Turbo Fire Workout