BOODSKAPBORD ALUMNI KONTAK ONS FACEBOOK

  InfoPionierJaarprogram2012DagsiklusToetse2012Voorkoms

SKOOLFOOIE 2012: R 6,500 per jaar..... KOSHUISFOOIE: R10,700 per kind per jaar teen R 53 p/dag.
WAAR IS ONS?
(Klik die opskrif en besigtig of laai 'n gebieds- en roetekaart na ons toe af)

OPDEDAG 2012 - 25 Mei . . . . OPEDAG 2012 - 25 Mei . . . . OPEDAG 2012 - 25 Mei

Jak de Priester kuier by Pionier

JakdePriesterDie sanger, Jak de Priester, het vir heerlike en puik vermaak gesorg toe hy op Donderdagaand,  3 Mei in die losie opgetree het.

Ds Fanie Bolleurs tree hierdie week weer by die skool op.  Maandag is die graad 8 en 9 leerlinge aan die beurt, Dinsdag die graad 10's en 11's en Woensdag die graad 12's.

Dinsdagmiddag speel ons Netbalspanne teen Hoërskool Ferrum omdat die wedstryde weens proeweverpligtinge nie Saterdag kon plaasvind nie.  

Springbokskut2012
Gee vir Samantha Dippenaar 'n roer in die hand en sy skiet 'n pad oop vorentoe. Tydens die afgelope SA Kampioenskappe word sy vir die SA-skietspan gekies, wat later vanjaar na Engeland gaan toer.  By haar op die foto is mnr. Louis Lötter, haar afrigter, en wat ook verantwoordelik is vir die afrigting by Pionier.

ATKV-redenaars:
Jana Grobbelaar, Bea Strydom, Bianca Wagner en Maryke Fourie dring deur na die volgende rondte wat op 15 Mei gehou sal word.

Sportuistslae:
Die uitslae van die wedstryde verlede Woensdag teen St Dominic's en Tugela, en die rugby- en Hokkieuitslae Saterdag teen Hoërskool Ferrum kan onder ons nuusskakel gevind word.

Program vir die week:
Die program vir die week is soos onder ons kalender aangedui. Belangrik is die aktiwiteite van die Landsdiens in die week.  'n Fondsinsameling word geloods op Donderdag vir Rudi de Wet, wat tans weer behandeling vir kanker ontvang.

Saterdag reis die rugbyspanne na Hoërskool Westville in Pinetown. Die program vir dié dag sal onder die kalender-kolom beskikbaar wees sodra dit finaliseer is.

Pionier-Alumni:  Komaan oud-leerlinge

Die skool is besig om inligting aangaande oud leerlinge te begin versamel.  'n E-pos adres spesiaal vir alumni word geskep waarheen gekorrespondeer kan word.  Korrespondeer met Zia van der Merwe (voorheen Wissing - 1996) by alumni@pionier.co.za.

Besoek ook die ALUMNI-blad op ons webwerf vir meer volledige inligting.

 

Die SKOOLAANSOEKVORM kan hier afgelaai word.

Die KOSHUISAANSOEKVORM kan hier afgelaai word.

2011-2012 Skool- en vakansiedaekalender kan hier afgelaai word

Skryfbehoeftelys 2012 kan hier afgelaai word