RIGLYNE T.O.V. KLEREDRAG EN ALGEMENE VOORKOMS VIR SEUNS
SOMERSDRAG (Tydperk : Januarie ?30 April en 1
Oktober ?Desember)
- Blou hemp met skoolwapen op die sak ingeweef
- Blou oortrektrui (opsioneel)
- Grys langbroek of grys kortbroek
- Skoolkouse
- Indien dit ‘n koue dag is moet die skoolbaadjie met
‘n das gedra word ?geen langmoutrui nie
WINTERSDRAG (Tydperk : 1 Mei tot 30 September
en
formele skoolfunksies)
- Blou hemp met skoolwapen op die sak ingeweef
- Das en baadjie is verpligtend elke dag.
- Op baie koue dae mag ‘n oortrektrui of langmoutrui
gedra word (nie albei nie) saam met das en baadjie
- Grys langbroek
- Skoolkouse
SPORTDRAG
-
‘n Algemene sporthemp- en broek is by die verskaffers beskikbaar. Daar
is enkele dae per jaar dat leerlinge hierdie drag in die plek van
skoolklere mag skooltoe dra. Hierdie drag word ook vir die interlaer
byeenkomste aangetrek
- Tenniskouse met sporttekkie
- Voorgeskrewe sportdrag moet tydens spansporte gedra
word.
- Atletiek (behalwe interlaer) : Pionier atletiekdrag
is beskikbaar
- Swem (behalwe interlaer) : Slegs swart “speedo?of
swart kort swembroek mag gedra word.
ALGEMEEN :
TRUIE
Langmoutruie : Mag slegs gedra word met ‘n baadjie in
die winter as dit
baie koud is. Indien ‘n leerling met slegs ‘n langmoutrui sonder ‘n
baadjie by die skool opdaag sal die leerling gevra word om die trui uit
te trek. Oortrektruie : Mag gedra word sonder ‘n baadjie in die somer.
‘n Oortrektrui mag nie saam met ‘n langmoutrui gedra word nie.
KOUSE
Slegs die amptelike grys sokkies wat by die verskaffers
beskikbaar is mag gedra word by skooldrag.
LYFBAND (beld)
Lyfbande met ‘n gespe wat nie uitspattig is nie moet
gedra word. Die belt moet ‘n effekleurige bruin, swart of grys wees.
DAS
Geen das waarop geteken of waaroor getorring is, sal
toegelaat word nie.
SERPE
Alleenlik navy serpe mag saam met wintersdrag gedra word
op baie
koue dae. Indien ‘n wintersport 1ste span ‘n serp het, mag dit ook
gedra word..
SKOENE
Slegs skoene wat herkenbaar is as skoolskoene mag gedra
word en geen
ander skoene sal toegelaat word nie. Skoolskoene met ‘n enkel band oor
die brug van die voet loop en met ‘n enkel gespe vasgemaak word sal ook
aanvaar word. Skoene sal daagliks gepolitoer word en skoon wees.
ARBANDE
Slegs een effekleurige armband met ‘n Christelike
boodskap daarop en
wat nie breër as een sentimeter is nie, mag met skooldrag gedra word.
TATOEëRMERKE
Geen sigbare tatoeëermerke sal toegelaat word nie.
Leerlinge mag nie op hulle arms of gesigte skryf of krap nie.
TONG-, OOR- EN OOG RINGE
Geen tong-, oor- en oog ringe word toegelaat nie.
HARE
Die volgende riglyne ten opsigte van hare moet gevolg
word :
- Hare op die voorkop moet bokant die wenkbroue wees
?ook as dit in ‘n middelpaadjie gedra of vorentoe gekam word.
- Hare in die nek moet bokant die kraag van die hemp of
baadjie wees.
- Hare moet vanaf hierdie punt (in 2 genoem) geleidelik
dikker en langer word en mag GLAD NIE ‘n wig vertoon nie.
- Hare mag nie oor die ore hang nie.
- Hare voor die ore mag nie laer groei as die bopunt
van die gaatjie van die oor nie.
- Hare moet te alle tye skoon wees en netjies vertoon.
- HARE MAG NIE GEKROES OF GEKLEUR WORD NIE. Uitspattige
haarstyle soos lang omkrulpunte, geskeerde sykante of “spikes?of die
algehele afskeer van hare word nie toegelaat nie. HARE WAT LANGER AS
BORSELKOP GEDRA WORD, MOET GEKAM WEES EN MAG NIE BLOOT DEURMEKAAR GEDRA
WORD NIE.
- Geen verlengstukke word toegelaat nie.
- Geen deurmekaar ongekamde haarstyl.
- Geen sogenaamde “Mohawk?styl nie.
- Haarjel mag op baie kort hare gedra word, maar GEEN
SPYKERPUNTE (“spikes? word TOEGELAAT NIE.
- GEEN “DREADLOCKS?WORD TOEGELAAT NIE.
LET WEL :
1. Indien daar ‘n onduidelikheid oor ‘n leerder se hare
ontstaan, sal die uitspraak van die Hoof finaal wees.
2. Die leerder sal onmiddelik deur sy ouer na ‘n
haarkapper vergesel word en eers by die skool toegelaat word as die
Hoof tevrede is. In die geval van ‘n koshuis leerder sal die leerder
geneem word na ‘n haarkapper op eie onkoste.
RIGLYNE T.O.V. KLEREDRAG EN ALGEMENE VOORKOMS VIR
DOGTERS
SOMERSDRAG (Tydperk : Januarie ?30 April en 1
Oktober ?Desember)
- Blou rok met skoolwapen links ingeweef
- Blou hemp
- Blou oortrektrui (opsioneel)
- Kort blou kouse met swart standaard skoolskoen
- Indien dit ‘n koue dag is moet die skoolbaadjie met
‘n das gedra word ?geen langmoutrui nie
WINTERSDRAG (Tydperk : 1 Mei ?30 September en
formele skoolfunksies)
- Blou hemp
- Blou rok met skoolwapen links ingeweef of donkerblou
langbroek
- Das en baadjie is verpligtend elke dag
- Op baie koue dae mag ‘n oortrektrui of langmoutrui
gedra word (nie albei nie) saam met das en baadjie
- “Navy?blou sykouse of lang blou kouse word gedra.
Geen kort blou kouse sal toegelaat word nie
SPORTDRAG
- ‘n Algemene sporthemp- en broek is by die verskaffers
beskikbaar. Daar is enkele dae per jaar dat leerlinge hierdie drag in
die plek van skoolklere mag skooltoe dra. Hierdie drag word ook vir die
interlaer byeenkomste gedra.
- Tenniskouse met sporttekkie
- Voorgeskrewe sportdrag moet tydens spansporte gedra
word
- Atletiek (behalwe interlaer) : Pionier atletiekdrag
is beskikbaar
- Swem (behalwe interlaer) : Slegs swart of
“navy?eenstuk swembroek mag gedra word
ALGEMEEN :
- HARE
Dogters mag nie hul hare onnatuurlik kleur nie. Dit
mag ‘n skakering ligter of donkerder gekleur word. Strepies mag ingesit
word mits dit natuurlik lyk. Swart is onnatuurlik en word nie toegelaat
nie. Hare moet in ‘n netjiese snit gesny word. Dogters sal nie
toegelaat word om hul hare in hul o?te laat hang nie, as die hare
langer as die wenkbroue is, moet dit met ‘n knippie vasgesteek word.
Indien hare die kraag raak moet dogters hul hare vasmaak.
- TRUIE
Langmoutruie : Mag slegs gedra word met ‘n baadjie
in die winter as dit baie koud is. Indien ‘n leerling met slegs ‘n
langmoutrui sonder ‘n baadjie by die skool opdaag sal die leerling
gevra word om die trui uit te trek. Oortrektruie : Mag gedra word
sonder ‘n baadjie in die somer. ‘n Oortrektrui mag nie saam met ‘n
langmoutrui gedra word nie.
- GRIMERING EN NAELS
Dogters mag geen grimering dra nie. Dogters wat grimering dra moet na
Mev. Viljoen toe gestuur word om hul grimering te verwyder en kry 40
punte. Naels moet kort en netjies wees. Deurskynende naellak mag gedra
word. Geen “french manicure?of vals naels mag gedra word nie. Dogters
met lang naels word na Mev. Viljoen toe gestuur om te knip en kry 10
punte.
- JUWELIERSWARE
Dogters mag slegs die standaard ringetjies en “studs?dra. Geen diamante
of pêrels nie. Geen armband en tongringe mag gedra word nie. Slegs een
oorring of “stud?per oor in die onderste gaatjie word toegelaat.
Verwyder juweliersware en handig dit in by Mev. Lindeque met dogter se
naam en toelatingsnommer op, asook die datum wat dit geneem is. Die
dogter mag na 4 weke dit gaan haal by Mev. Lindeque (finansiële
sekretaresse). Slegs een enkel armband met ‘n Christelike boodskap
daarop en wat effekleurig nie breër as een sentimeter is mag met
skooldrag gedra word.
- HAARREKKIES EN KNIPPIES
Dogters mag oranje/wit/blou asook bruin/swart haarrekkies dra.
Strikkies is toelaatbaar in oranje/wit/blou. Haarknippies moet
donkerblou/swart/bruin wees. Geen knippies wat stene/diamante op het,
mag gedra word nie. Die “Alicebands?moet dun of standaard breedte wees.
Oortreders kry 10 punte.
- ROK LENGTES
Gesonde oordeel moet toegepas word deur onderwysers en bestuurslede.
Rokke moet sowat 10cm bokant die dogter se knie wees. Indien ‘n dogter
se rok te kort is kry sy 10 punte. Die personeellid wat die punte gegee
het moet opvolg en sorg dat die dogter se rok langer gemaak word.
- SKOOLSKOENE
Dogters moet standaard swart leerskoene dra.
Geen “ballet?skoentjies word toegelaat nie. Skoene sal daagliks
gepolitoer word en skoon wees.
- TATOEËRMERKE/GRAVITI
Geen sigbare tatoeëermerke sal toegelaat word nie en leerlinge moet ook
nie op hulle arms of gesigte skryf of krap nie.
- MATRIEKDOGTERS SPESIALE VERGUNNING
Matriekdogters mag hul naels effens langer as die res van die dogters
dra. Dit sal binne perke moet geskied aangesien naelinspeksie deur die
leerlingbestuur gedoen sal word om dit te kontroleer.
- MATRIEKAFSKEID
Vergunning word gemaak vir die kleur van hare ‘n week voor die afskeid,
maar moet weer terug gekleur word na die natuurlike kleur nie later as
1 week na die matriekafskeid.
- SERPE
Navy serpe mag saam met wintersdrag gedra word op
baie koue dae. Indien ‘n wintersport 1ste span ‘n serp het, mag dit ook
gedra word.
Neem kennis indien u dogter nie die voorgeskrewe voorskrifte volg nie
en met inspeksiedatums, nie voldoen aan bogenoemde vereistes nie sal
daar STRENG stappe teen u dogter geneem word.