|
ALUMNI - KONTAK ONS |
||
|
Belangrike inligting
Elke oud-Pionier koester herinneringe van die vyf spesiale ho褰skooljare aan 'n vooraanstaande ho褰skool. Sommige van ons moet diep delf om die herinneringe af te stof, maar dit is tog heerlik om op 'n reis deur die verlede te gaan.Van die spesiale herinneringe sluit die geesvangsokkies in voor die wedywering tussen Ho褰skool Pionier en Vryheid Ho褰. Om Sondagmiddae te groet en op die bus te klimElke oud-Pionier koester herinneringe van die vyf spesiale ho褰skooljare aan ‘n vooraanstaande Ho褰skool. Sommige van ons moet diep delf om die herinneringe af te stof, maar dit is tog heerlik om op ‘n reis deur die verlede te gaan.
Van die spesiale herinneringe sluit die geesvangsokkies in voor die wedywering tussen Ho褰skool Pionier en Vryheid Ho褰. Om Sondagmiddae te groet en op ‘n bus te klim mag ‘n knop-in-jou-keel-herinnering ontketen. Al hierdie herinneringe aan Ho褰skool Pionier het ons gevorm en geskaaf en ‘n invloed gehad op die mense wat ons vandag is.
Pionier wil graag ‘n Alumni stig om so vuurmaakhout vir die oudag te versamel deur ons skool lewend in elkeen te laat brand. Ons vra dat alle oud-leerlinge sal registreer op ons Alumni webblad. So kan u op hoogte gehou word van alle Pioniernuus en –prestasies.
Daar is voordele verbonde aan die Alumnilede. Laat weet asseblief as u enige iets het om na die tafel te bring. Ons het reeds afslag op akkommodasie op ‘n jagplaas, net buite Vryheid, om aan die HPA (Ho褰skool Pionier Alumni) te bied.
Ons sien uit om die HPA uit te brei na nog ‘n aangename gedagte wanneer u dink aan Ho褰skool Pionier.
Die lied van ons Pionier klink luid
Van Noort-Natal se veld en rant,
Tot oor ons land se vertes uit:
Die lied van die jeug van ons land!
Die jeug wat hier nog fier en trou
Met diep geloof en lewenskrag,
‘n toekoms in vooruitgang bou
Vir elke jong pioniersgeslag.
Al raak die lewenstryd ook hoe fel,
Sal ons volhard met durf en moed,
En ons sal strewe in ons werk en spel
Na wat eerbaar is, reg en goed.
Met ons oog gerig op die we’ge Woord
Aan ons skool, ons land en ons nasie getrou;
In ons strewe gebind deur ‘n enkel koord,
Van oranje, wit en blou.
