BOODSKAPBORD
ALUMNI KONTAK ONS
FACEBOOK
![]() ![]() ![]() ![]()
Puik sportmangees by swem en atletiekMet die Interhuis swemgala afgehandel en die Interhuis atletiek op Woensdag, 25 Januarie, skop die sportjaar van Pionier op 'n vinnige noot af. As die gees en gewilligheid van ons swemmers enigsins 'n aanduiding is, gaan ons stem sommer baie dik gemaak word op die sportveld vanjaar.Baie geluk aan JJ van der Hoogen, Euné Bosch, Jason Bosch, Biejanka Booysen, Briania Doust en Dylan Wessels wat gekies is vir die Noord Kwa Zulu Natal-span wat in Rustenburg op die 28ste Januarie 2012 aan 'n Interprovinsiale 4+1 swemgala gaan deelneem. Baie geluk sterkte! Die rugbyseisoen skop sommer vroeg af met die eerste rondte van die @Lantic 7's toernooi wat op die 3de en 4de Februarie 2012 op ons velde aangebied word. Meer inligting sal aanstonds deurgegee word. 'n PDF-formaat weergawe van Omsendbrief 1 van 2012 kan onder AMPTELIKE INLIGTING op hierdie blad oopgemaak word. Klik op die skakel Omsendbrief 1 van 2012. Pionier kook van meet af! Na
'n vinnge en kort Desember-vakansie kook dinge sommer van meet af by
Pionier. Ons verwelkom graag alle personeel en leerlinge terug by
die skool, en veral ons nuwe personeel en graad 8 leerlinge.Die volgende nuwe personeel sluit by ons aan: Dylan en Sumari Herbst, wat onderskeidelik by die rekenaarsentrum en Besigheidstudies hulle kennis gaan deel, en mnr Eben Hattingh wat sy jare se kennis en wysheid in die Fisiese Wetenskappe gaan deel. Ons hoop dat julle verbintenisse met Pionier tot verreiking van ons almal sal wees. Ons skop die jaar af met die tradisionele Boeresport, waar ons nuwe graad 8's hulle slag met eier, meel en grond kon wys. Donderdag is die Interlaer Landloop afgehandel wat, ten spyte van die hitte, vir baie pret gesorg het. Anneke Smit wen die die dogtersafdeling, terwyl Dave Weilbach die manne op die neus laat kyk het. JJ van Hoogen (foto) het die vakansie en die afgelope naweek aan verskeie swemkompe- tisies deelgeneem. Hy swem in die Chelmsford Challenge te Newcastle en kom algeheel tweede van alle deelnemers, en eerste in sy ouderdomsgroep. Baie geluk, JJ! Die leerlingbestuur het vanaf die 5de tot die 8ste Januarie 2012 weer 'n opleidingskamp onder leiding van die ATKV by hulle Drakensville-oord meegemaak. Dit was soos altyd 'n baie goeie geleentheid om leierskapsvaardighede te toets en te ontwikkel, en sommer ook te beplan vir 2012. Die graad 8-kamp is ook die afgelope naweek afgehandel. Die volgende dokumentasie is op ons webwerf beskikbaar waarvan veral ons busouers kennis moet neem (hierdie briewe is in PDF-formaat, en kan met die nodige sagteware op u rekenaar gestoor word): - Roete na Richardsbaai, Empangeni, Eshowe, Melmoth en Ulundi: KLIK HIER - Roete na Pongola: KLIK HIER - Roete na Utrecht en Newcastle: KLIK HIER - Roete na Dundee en Ladysmith: KLIK HIER MATRIEKS VAN 2011 VAAR PUIK! Pionier
het weereens met die bekendmaking van die matriekuitslae van 2011 bewys
dat ons akademiese standaarde met die bestes in die land vergelyk kan
word. Zonike Marais (links op die foto) verower die Dux-trofee as die
beste presteerder in ons matriekgroep. Melyssa van Heerden behaal die
tweede plek. Zonika se prestasie plaas haar ook in die top
vyf presteerders van alle matriekleerlinge in die Vryheid-streek.
Baie geluk, Zonika!Die skool se uitslae is iets om werklik trots op te wees. - 18 leerlinge behaal 'n gemiddeld bo 80% - 39 leerlinge behaal 'n gemiddeld bo 70%, en - 32 leerlinge behaal 'n gemiddeld bo 60%. - 85% van ons leerlinge behaal matrikulasievrystelling. Ons leerlinge behaal 189 A-simbole, 213 B-simbole, 183 C-simbole en 118 D-simbole. Die vakgemiddeldes behaal is as volg: - Afrikaans: 70% (19 A-simbole) - Besigheidstudies: 65% (6 A-simbole) - Engels: 71% (21 A-simbole) - Fisiese Wetenskappe: 68% (11A-simbole) - Gasvryheidstudies: 64% (2 A-simbole) - Geografie: 70% (12 A-simbole) - Ingenieursgrafieka en -ontwerp: 73% (11 A-simbole) - Landbouwetenskappe: 58% - Lewensoriëntering: 76% (51 A-simbole) - Lewenswetenskappe: 70% (8 A-simbole) - Rekenaartoepassingstegnologie: 51% - Rekeningkunde: 69% (1 A-simbole) - Siviele Tegnologie: 53% - Toerisme: 65% (5 A-simbole) - Kuns: 73% (4 A-simbole) - Wiskunde: 60% (3 A-simbole) - Wiskundige Geletterdheid: 75% (23 A-simbole) - Wiskunde III: 70% (2 A-simbole) Baie geluk, matrieks van 2011! Ons is trots op julle. Pionier-Alumni: Komaan oud-leerlingeDie skool is besig om inligting aangaande oud leerlinge te begin versamel. 'n E-pos adres spesiaal vir alumni word geskep waarheen gekorrespondeer kan word. Korrespondeer met Zia van der Merwe (voorheen Wissing - 1996) by alumni@pionier.co.za.Besoek ook die ALUMNI-blad op ons webwerf vir meer volledige inligting. |
|






Na
'n vinnge en kort Desember-vakansie kook dinge sommer van meet af by
Pionier. Ons verwelkom graag alle personeel en leerlinge terug by
die skool, en veral ons nuwe personeel en graad 8 leerlinge.
Pionier
het weereens met die bekendmaking van die matriekuitslae van 2011 bewys
dat ons akademiese standaarde met die bestes in die land vergelyk kan
word. Zonike Marais (links op die foto) verower die Dux-trofee as die
beste presteerder in ons matriekgroep. Melyssa van Heerden behaal die
tweede plek. Zonika se prestasie plaas haar ook in die top
vyf presteerders van alle matriekleerlinge in die Vryheid-streek.
Baie geluk, Zonika!